Vermoedelik het Bertus Melk sy knou gekry toe hy as ‘n jong man verby Critters 3, Return of the Living Dead Part 2 en Big Trouble in Little China geloop het om die volgende fliek uit te neem:
“Genetically-engineered Komodo dragons have become ginormous creatures hunting people on a remote tropical island. A small group of scientists must stop the dragons before they escape the island and destroy the rest of the world.”
Om net na die stills te kyk gee jou die creeps:
Ander bekende B-rate straight to video monstor features uit die 80’s wat geen beïndrukbare jong mens moet kyk nie, sluit in The Terror Within, waar ‘n ou deur ‘n kernramp in ‘n breinvreter verander word en dan ‘n klomp mense in die woestyn terroriseer, en The Blob, waar ‘n stuk jelly ‘n hele dorp uitwis.

