Feeds:
Bydraes
Kommentaar

Konsolidasie

Bertus se kans op tweede lewe:

http://saligestilte.wordpress.com

Ek het besluit om my internetteenwoordigheid te konsolideer. Sorry aan almal wat gedurig hul blogrolls aangepas het.

(Toespraak gelewer op die Bertus-gedenkdiens, 1/5/2008 )

Photobucket

Hoe sal dit dan wees nou dat daar nie meer ‘n Bertus is nie? Ons sou dit voorstel as ‘n stilte, woestyn, leegte, leweloosheid. As Bertus nie meer is nie, dan moet hy dood wees, en waar hy voorheen sou gegaan het, moet net die dood nou gaan en moet niks meer gebeur nie.

Bertus is weg, en ons sou verwag in die ruimte wat Bertus altyd gevul het, in die stoel waar hy gesit het of waar hy langs die pad gestaan het, moet daar nou ‘n niks wees waarin ons vaskyk, net Bertus wat nie meer is nie, net die dood van Bertus.

Bertus is nie meer daar om die radio aan te skakel sodat ons na ‘n liedjie kan luister nie. Daar is geen Bertus meer om die honde te voer, of om die knoppie te druk sodat die verkeerslig groen kan word nie. So daar is niks. Geen Bertus. Niks.

En tog, toe hy eers verdwyn het, het dinge nié opgehou nie. Die oomblik toe Bertus verdwyn het, het ander dinge bloot ingevloei om die ruimte te vul. Bure se gelag wat van ver af ingedryf gekom het. ‘n Windjie wat waai. ‘n Magdom reuke, van gras en grond en uitlaatgasse en mens. ‘n Hele wêreld wat skielik ruimte gehad het om te beweeg en om te meng en om met mekaar te dans en iets nuut te word sonder die belemmering van Bertus wat in hul pad gestaan het.

Die wêreld was nie regtig armer sonder hom nie, moes ons tot ons verbasing (tot ons blydskap?) besef. Bertus is dood, maar daar was nêrens ‘n leë stoel, ‘n gat, ‘n leemte wat op sy afwesigheid gedui het nie. Daar was ander mense wat aanhou gesels het. Daar was ander dinge wat aanhou gebeur het. Daar was lewe, nie net dood nie; en Bertus se heengaan het dit alles moontlik gemaak.

Totsiens Bertus en dankie dat jy aan die wêreld geboorte gegee het deur opsy te staan. Dankie aan die draak wat jou opgevreet het, en aan die drake se ma wat aan die vleisvreters geboorte gegee het. En dankie aan die vliegtuig wat Bertus weggeneem het na die verre land waarvandaan hy nooit teruggekeer het nie. En dankie weereens aan Bertus, vir alles wat hy was, maar ook vir die feit dat hy dit uiteindelik reggekry het om nie meer te wees nie.

Die wêreld begin eers waar ons ophou. En soms, wanneer ons alles verloor, kry die lewe vir die eerste keer kans om regtig te gebeur.

 

As daar eendag niks meer kos behalwe tropiese vrugte oor is nie, sal ek nog steeds gelukkig wees.

Bewysstuk #1: Die ramboetan. Van buite is hy net ‘n stekelrige rooi balletjies.

Photobucket

Maar van binne lyk hy soos ‘n litchi. ‘n Soet litchi.

Photobucket

C. Louis Leipoldt het ‘n gedig oor die ramboetan en sy sap en sy skil geskryf, maar moet my nie vra hoe dit gegaan het nie.

Bewysstuk #2: Die slangvelvrug:

Photobucket

Dit groei onder aan die stam van ‘n bosserige boom en lyk nie na veel nie, maar as jy hom afskil, kry jy ‘n harde en eienaardige vrug. Met die eerste hap proe dit amper na skottelgoedseep. Met die tweede hap besef jy dit proe na rosewyn.

Photobucket

So moet ontbyt lyk:

Photobucket

En in teenstelling met wat ons in die comics gesien het, lyk ‘n kokosneut soos volg:

Photobucket

Op versoek

As dit nie vir ‘n sekere likkewaan was nie, sou Bertus Melk nog wou:

– ‘n Meestersgraad in wiskunde wou behaal

– Soveel chocolate mousse koek eet dat sy maag skeur

– Die Rosetta-steen-sameswering ontbloot

– Leer om Mekiskaanse kos te maak

– In Noord-Amerika woon

– Uitfigure hoekom niks vinniger as ligspoed kan beweeg nie (hy het vermoed baie dinge kan en ons weet net nog nie daarvan nie)

– Die skeppers van onderskeidelik Tintin en Jason Bourne dagvaar omdat hulle hul karakters op Bertus Melk se lewe geskoei het

– Meer gereeld ou tannies wou help om hul kruideniersware te dra

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.