(Toespraak gelewer op die Bertus-gedenkdiens, 1/5/2008 )
Hoe sal dit dan wees nou dat daar nie meer ‘n Bertus is nie? Ons sou dit voorstel as ‘n stilte, woestyn, leegte, leweloosheid. As Bertus nie meer is nie, dan moet hy dood wees, en waar hy voorheen sou gegaan het, moet net die dood nou gaan en moet niks meer gebeur nie.
Bertus is weg, en ons sou verwag in die ruimte wat Bertus altyd gevul het, in die stoel waar hy gesit het of waar hy langs die pad gestaan het, moet daar nou ‘n niks wees waarin ons vaskyk, net Bertus wat nie meer is nie, net die dood van Bertus.
Bertus is nie meer daar om die radio aan te skakel sodat ons na ‘n liedjie kan luister nie. Daar is geen Bertus meer om die honde te voer, of om die knoppie te druk sodat die verkeerslig groen kan word nie. So daar is niks. Geen Bertus. Niks.
En tog, toe hy eers verdwyn het, het dinge nié opgehou nie. Die oomblik toe Bertus verdwyn het, het ander dinge bloot ingevloei om die ruimte te vul. Bure se gelag wat van ver af ingedryf gekom het. ‘n Windjie wat waai. ‘n Magdom reuke, van gras en grond en uitlaatgasse en mens. ‘n Hele wêreld wat skielik ruimte gehad het om te beweeg en om te meng en om met mekaar te dans en iets nuut te word sonder die belemmering van Bertus wat in hul pad gestaan het.
Die wêreld was nie regtig armer sonder hom nie, moes ons tot ons verbasing (tot ons blydskap?) besef. Bertus is dood, maar daar was nêrens ‘n leë stoel, ‘n gat, ‘n leemte wat op sy afwesigheid gedui het nie. Daar was ander mense wat aanhou gesels het. Daar was ander dinge wat aanhou gebeur het. Daar was lewe, nie net dood nie; en Bertus se heengaan het dit alles moontlik gemaak.
Totsiens Bertus en dankie dat jy aan die wêreld geboorte gegee het deur opsy te staan. Dankie aan die draak wat jou opgevreet het, en aan die drake se ma wat aan die vleisvreters geboorte gegee het. En dankie aan die vliegtuig wat Bertus weggeneem het na die verre land waarvandaan hy nooit teruggekeer het nie. En dankie weereens aan Bertus, vir alles wat hy was, maar ook vir die feit dat hy dit uiteindelik reggekry het om nie meer te wees nie.
Die wêreld begin eers waar ons ophou. En soms, wanneer ons alles verloor, kry die lewe vir die eerste keer kans om regtig te gebeur.

‘n diepsinnige huldigingswoord; weet nie of dit gerusstellend of ontstellend is nie, maar sal aan hom dink elke keer wanneer ek vorentoe leun om die oorstapknoppie groen te druk. vaarwel (k)uber-orakel, vaarwel.
Ek mis hom al klaar.
En dit was aand en dit was more – die 4de dag sonder Bertus. Die wereld is TOG armer sonder hom.
++++++++++++++++++++++++++++++++++++++
++++++++++++++++++++++++++++++++++++++
IF YOU NEED A BLOG, DONT FORGET TO SEE WEBSITE “Leoxa.com”
(The Themes Is Very-very Beautiful & Also Able To Place Adsense)
++++++++++++++++++++++++++++++++++++++
++++++++++++++++++++++++++++++++++++++
jy weet, salige rus is nou juis ‘n gepaste naam vir ‘n nuwe blog…
ai, hoe nostalgies mis ek die ou dae nou.
Johannes Bertus Melk
Ek hou daarvan dat jy so mobile is!
Wanneer 21 Mei 2011 kom wil ek niks meer op hierdie aarde in my besit hê nie! Kan nie wag, tegnologie not from this world…! “You think you want to send a fax to a friend and he received it….”
Wat reken jy, het daai likkewaan uit die ark uitgekom…?
Is jy nou in die onderwêreld of in die bo-wêreld…?