As daar eendag niks meer kos behalwe tropiese vrugte oor is nie, sal ek nog steeds gelukkig wees.
Bewysstuk #1: Die ramboetan. Van buite is hy net ‘n stekelrige rooi balletjies.
Maar van binne lyk hy soos ‘n litchi. ‘n Soet litchi.
C. Louis Leipoldt het ‘n gedig oor die ramboetan en sy sap en sy skil geskryf, maar moet my nie vra hoe dit gegaan het nie.
Bewysstuk #2: Die slangvelvrug:
Dit groei onder aan die stam van ‘n bosserige boom en lyk nie na veel nie, maar as jy hom afskil, kry jy ‘n harde en eienaardige vrug. Met die eerste hap proe dit amper na skottelgoedseep. Met die tweede hap besef jy dit proe na rosewyn.
So moet ontbyt lyk:
En in teenstelling met wat ons in die comics gesien het, lyk ‘n kokosneut soos volg:






Al wat lekker lyk in daai ‘ontbyt’ van jou, is die koffie.
Dit het my twee weke van breinverskeuring geverg om te besef waaraan die smaak van ‘n slangvelvrug my herinner – aarbeie! Asseblief, sE vir my jy proe ook aarbeie!
Huh? daai eerste vruggie lyk nie baie aantreklik nie! Ek voel nou so dom ek ken nie eers daai eerste vrug nie, en Leipoldt het daaroor gedig! Wag laat ek gaan soek!
Daai ontbyt lyk bekend. Ek verbeel my die pynappel proe amper te soet vir pynappel.
Ramboetan is heel lekker! Ek het dit die eerste keer ge-eet hier in Korea. Dit lyk vir my soos iets wat in ‘n rotspoel behoort te bly…
Oe, daar is niks soos ‘n ramboetan nie. Dis my gunsteling vrug na die piesang.
En daai pynappel is inderdaad te soet vir pynappel. En te sag. En te sappig.
[...] soek na die perfekte Veltie I* (*’n Reeks baie vermaaklike insrywings oor die Perfekte Vegetariese Toebroodjie deur bertus melk dien aanvanklik hier ter [...]