Op versoek
As dit nie vir ‘n sekere likkewaan was nie, sou Bertus Melk nog wou:
- ‘n Meestersgraad in wiskunde wou behaal
- Soveel chocolate mousse koek eet dat sy maag skeur
- Die Rosetta-steen-sameswering ontbloot
- Leer om Mekiskaanse kos te maak
- In Noord-Amerika woon
- Uitfigure hoekom niks vinniger as ligspoed kan beweeg nie (hy het vermoed baie dinge kan en ons weet net nog nie daarvan nie)
- Die skeppers van onderskeidelik Tintin en Jason Bourne dagvaar omdat hulle hul karakters op Bertus Melk se lewe geskoei het
- Meer gereeld ou tannies wou help om hul kruideniersware te dra
rosetta-steen-sameswering! kewl! daar gaan alles wat ons gedink het ons weet.
Bertus Melk sal asb van die graf af moet blog oor die rosette steen, want wiki help nie veel nie. (Skuus ek’s so knaend. Slegte gewoonte.)
Die chocolate mouse ene klink vir my sooo reg vandag!
Jy’t my nou laat wonder of ek, as vinniger as die spoed van lig ry, myself in my truspieëltjie sou sien…
Machiel, nee jy sou nie… maar jy sou kon omdraai en gou gaan kyk hoe lyk jy van agter af!
Ha ha, net nie te kort draai nie, want dan moer jy in jouself vas!