Van vêr af sien jy net ‘n klein eilandjie.
En as jy by die klein jettytjie aanland, sien jy ‘n onheilspellende teken.
En net ‘n paar tree se stap verder, verrys Satan uit die gras.
Enkele interessante gegewens oor komododrake:
- Hul laaste slagoffer was ‘n 10-jarige kind wat op 2 Julie verlede jaar gevang is toe hy in die bosse naby sy huis wou gaan ontlas. Die komododraak het hom van agter bekruip en sy maag uitgeruk, toe sy ingewande opgevreet.
- Hulle jag graag mense in die eiland se puttoilette. Puttoilette ruik vir hulle soos die dood en trek hulle daarom aan.
- Daar is 60 soorte bakterie in hul speeksel. As hulle jou byt, sterf jy gemiddeld so 24 ure later.
- Hulle kan trappe klim en is berug daarvoor dat hulle soms mense se huise binnekom en hulle uit die bed sleep om hulle op te vreet.
- Hulle vreet ook mekaar op, selfs hul eie kleintjies.
- Een komododraak kan tot 80% van sy liggaamsgewig in een maaltyd opvreet.



Ek gril
My donnil. Die ding is rêrig Satan. Arme Bertus Melk!
Ja, maar imagine as die goed actually kon vlieg en vuur spoeg ook…!
Gross! Om dood te vrot… jig!
Ek dog hulle laaste slagoffer was Bertus? Ek dink darem dat dit heel toepaslik sal wees as ons ‘n bloggersroudiens vir Bertus hou